Fokofpolisiekar Interview Voor Park Acoustics

Foto deur Jaco S. Venter

 

Ons het bietjie met Wynand Myburgh gesels van Fokofpolisiekar oor hulle crowdfunding projek, die toekoms van Fokof en ook Park Acoustics wat die Sondag hulle 8ste verjaarsdag vier!  Check dit hier uit:

Julle crowd-funding om ‘n nuwe album die jaar moontlik te maak is al dubbel as wat julle ooit gedink het julle gaan maak – hoe voel julle deur die oorweldige support van julle fans?
Dit is inderdaad mal. Ons is natuurlik baie bly en opgewonde. Die hele crowdfunding proses is baie inspirerend.

Noudat julle weer saam werk en in studio was, kan ons meer shows en videos van julle verwag na die nuwe album uitgekom het?
Daar gaan ‘n album launch toer wees in Oktober (nadat die album uit is) en soos met die crowdfunding campaign belowe is gaan daar ten minste een musiekvideo gemaak word. Dan sal ons sien wat gebeur. Dalk speel ons meer shows en dalk maak ons meer as een musiekvideo. Vir nou is die fokus om die album klaar te maak.

 

Fokofpolisiekar – foto deur Jaco S. Venter

 

Ons het onlangs gesien julle het die working titles van die songs gedeel – as julle na previous albums kyk, waarmee kan hierdie vergelyk?
Nie regtig met enige van die vorige albums nie. Elke Fokof album het nog altyd anders geklink. Ons skryf waarvan ons hou en wat ons graag sal wil hoor. Dis hoe ons dit nog altyd gedoen het. As al 5 van ons van iets hou is dit goed genoeg om verder te vat. Dit is ons buffer en keurings proses. Daar sal natuurlik altyd die rock elemente, Hunter Kennedy se kenmerkende Fokof lyrics en ‘the spirit of Fokof’ wees.

Fans kan nog tot en met 21 Mei pledge – is daar nog enige iets oor?!
Nie baie nie, maar natuurlik is daar nog mp3’s, CD’s en vinyls. Mens kan nooit genoeg van hulle verkoop nie 😉  Dan is daar nog ‘n paar ander killer stuff soos ‘n framed 2004 gig poster, ‘n Fokof Lager lightbox, Fokof horlosies, etc.

21 Mei is ook Park Acoustics se verjaarsdag-party.  Sien julle uit om weer in die Fort te kuier?
Natuurlik! Dis die Pretoria mense en hulle energie wat dit so lekker maak. Hulle hou van musiek en weet hoe om hulself te geniet.

Wie gaan julle check op die line-up by Park Acoustics?
Ons vlieg die oggend in en dan weer die aand na ons show terug Kaapstad toe. So ek is nie seker hoe baie tyd ons gaan kry om bands te kyk nie. Ek het gesien daar is ‘n band met ‘n female vocalist. Ek is altyd keen om dit te check. Ek wag nog in spanning vir ‘n female sanger wat my wegblaas.

 

Join die event hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *