Deon Meiring – Slaapkamer Sessie #4

Foto deur : Louise Pieterse (@Louise_Pieterse)

Week 4 se Slaapkamer Sessie vind plaas in Anthony se kamer,  waar Deon Meiring “Aardrykskunde” met ons deel.

 

Deon sê self oor die een : “Ek het hierdie week op Facebook gevra vir ‘n slaapkamer, en my vriend Anthony was die eerste om syne aan te bied.  Hierdie keer het ek die liedjie se wysie op ‘n klein musiekboksie gesit. Die liedjie is geïnspireer deur hoe mens baie keer vreemde verwagtings het van plekke en die mense wat daar bly en hoe mens baie kan ontdek as jy sommige van daai verwagtings laat vaar.”


 

Vir Slaapkamer Sessie #3  KLIEK HIER

 

Lirieke : Aardkrykskunde

Ons dink ons kan
die Aarde opsom
indeel volgens
stad en dorp

Ons dink ons kan
statistieke vasstel
voorspel wat dan
van ons gaan word

Mens glo by Uitenhage
is net karre wat jaag
en Kaapstad is net kuns
dink Soweto bestaan
net uit sinkplaat
en Sandton net sukses

Wel ek is dan
‘n burger van
‘n onverkende land
want van Sunnyside
to St.Francisbaai
vind almal ‘n huis
om heen te gaan

Ons dink ons kan
die grense raaktrek
afmerk tussen
hier en daar

Ons dink ons kan
foutlyne uitwys
geheime oopkrap
op ‘n kaart

Want ons kyk vas
teen die horison
al is die Aarde rond

En hunker voort na
‘n plek in die son
maar vertrap
ons eie grond

Wel, maak my dan
ontdekker van
‘n onverkende land
wat waar ek gaan
nog sin kan maak
van stad
woestyn
en strand

Vind Deon Meiring hier :

Facebook

Twitter

Youtube

Deon Meiring deur Louise Pieterse

Deon Meiring deur Louise Pieterse

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *