Francois Van Coke voor Converse Blood Brothers 2017

Foto deur Andre Badenhorst (@andrebadenhorst)

Die jaar is ons baie opgewonde vir Converse Blood Brothers by The Good Luck Bar, saam met Vodacom.  Ons het met een van die veteraan-broers gesels voor die groot show die Saterdag, 30 September.  As een van die hoof borge, het Vodacom ook dit moontlik gemaak dat Blood Brothers LIVE gestream kan word van waarookal jy is as jy nie in Johannesburg is nie. Stream hier.

Jy is alewig besig om albums, singles, videos en nuwe projekte op te dis. Wat is jy nou op die oomblik besig om op te dis?
Ons het nou net die Fokofpolisiekar album klaar gemaak en dit is ‘n groot een, eerste een in 11 jaar. Ons het hard daaraan gewerk en dink dit gaan awesome wees en hoop mense gaan dit love. Ek is ook besig om te werk aan ‘n song saam met ‘n jong kunstenaar, Matt Carstens, ons is besig om dit op te neem by Red Bull Studios in Kaapstad. Ek sing bietjie op die tune en het ook help skryf en vervaardig, ek is opgewonde oor die jong man.

Julle Fokofpolisiekar album is reeds daar buite – hoe is dit om na al die jare weer saam te werk?
Ons is klaar en dit was besonders en anders omdat ons dit vir lank nie gedoen het nie. Ons het weer baie tyd saam spandeer en ek is moerse trots dat ek die ou is wat daai songs kan sing. Johnny en Hunter is ‘n fantastiese skryfspan en ek dink die ander drie van ons het definitief ook ons stamp op die album afgedruk. Dit is volgens my die beste Fokofpolisiekar album en ek is seker baie ander mense gaan dit so ervaar.

Dalk ’n teerpunt vir baie, maar how is life after Van Coke Kartel?
Ek is bly dit is verby en ons het dit op die hoogste noot moontlik agtergelaat. Dit was baie lekker om daai songs vir ‘n laaste keer reg oor die land te speel. Die shows was ongelooflik wild en uitgepak. Dit was intense op my stem, ore en liggaam. Maar dit was ongelooflik om te sien die invloed wat die band op so baie mense gehad het. Nou kan ons fokus op wat nou belangrik is, my solo loopbaan en Fokofpolisiekar.

 

Francois van Coke – foto deur Andre Badenhorst

 

Jy is een van die veteraan Blood Brothers – wat het jou aan die begin laat besluit om deel te wees van die projek, en dan ook elke jaar terug te kom?
Ek het al ‘n lang verhouding met die Vrede Foundation. Ek het al by ‘n paar Vrede Fests gespeel en het ook ‘n bracelet verkoop waarvan al die opbrengste aan Vrede gegee is. So, toe ek gevra is wou ek graag deel wees agv my gesekiedenis met Vrede en ook omdat ek graag wou Rock ‘n Roll jol saam met tien dudes wat ek nie so geken het nie. Dit was ‘n epic aand en nou al deel van die kalender vir my.

Blood Brothers is ter ondersteuning van The Vrede Foundation. Waarom lê die spesifike liefdadigheidsorganisasie jou na aan die hart?
Vrede Foundation is deur my vriend Henre Pretorius begin toe sy broer Herman, ook ‘n goeie vriend, dood is aan kanker in 2009.

Wat is jou gunsteling Blood Brothers oomblik tot dusver?
Ek dink Nirvana – Smells Like Teen Spirit in die BigTop in 2015.

Wie sien jy uit om mee die stage te deel hierdie jaar?
Ek sien uit om saam met Garth van Tweak en Crashcarburn, ons speel al shows saam van 2002, maar was nog nooit saam op die verhoog nie.

 

 

Maak seker jy join die event hier

Koop kaartjies hier of by die deur by The Good Luck Bar.
Daar is ‘n 90s pre-party vanaf 16:00 op Saterdag om op te warm.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *