Gevoel van Veiligheid Interview

Deur Janus de Villiers (@hallojanus)

Fotos deur Frank Duvenhage en Stefan Louw

Ek het Gevoel van Veiligheid die eerste keer live gesien in ‘n donker, toe-gerookte dansklub tydens Aardklop – helder oordag. En ek was impressed.

Intussen het ek hul al vele male geTwitter-stalk en probeer oorreed om my in een van hul musiek videos te sit – maar no such luck.

Hierdie twee stuk acoustic punk band van Pretoria het hulself al herhaaldelik bewys as ‘n upcoming act om jou oë op gespits te hou. Hulle wys gereeld gesig op MK en het laasjaar die stowwerige fondamente van OppiKoppi geruk.

Gevoel van Veiligheid is in 2010 as ‘n something on the side deur onder meer Deon Roos, voorheen van Die Onbekende, en Raymond Roy Horn, voorheen van Neontetra, begin.

Janco Conradie, Mercia Heystek en Hugo Breedt het intussen ook die bende gejoin.

Ek het met Deon gesels oor Gevoel van Veiligheid se planne vir 2013 en die toekoms:

Julle het onlangs julle eerste live show vir 2013 gespeel. Is julle gereed vir die nuwe jaar?

Yeah, ons het Cool Runnings in Moreleta Park gespeel! Dink nie 2013 kon beter begin het nie. Dit was lekker om na ‘n maand van afwees weer mekaar te sien en saam te speel. Ons speel ook by die Plaashuis in Centurion saam The Centrefolds.

2013 gaan “anders” wees, dis al wat ons vir nou se. Ons wil graag die jaar reg oor die land mission- iets wat ons nog nie gedoen het nie!

Wat was jul hoogtepunt van 2012?

Daar het so baie gebeur in 2012 waaroor ons nog altyd net kon droom: Oppikoppi, Studio1, VanFokKingTasties en nog hope meer- maar ek dink dit die hoogtepunt moet defnitief Oppikoppi wees. Dis seker elke local band se eerste droom na hulle eerste bandpractice, en dit was amazing. (Die dele wat ons kan onthou.)

Wat was meer nerve wrecking? Om op Studio1 of by Oppikoppi speel?

Ons vat elke show soos hy kom.

By Studio1 het ons net een song gespeel, so daar was nie baie kans om foute te maak nie.

By Oppikoppi het ons ‘n hele set gespeel, by die Klein Bar Stage (Die oorspronklike Oppikoppi stage) bo-op die Koppi. Ons het gewonder hoeveel mense sal 12uur op n Saterdagoggend die koppie oploop om vir ons te kom kyk: maar die plek was flippen vol! Al die tafels was vol, mense het tussen die tafels op die vloer gesit en dit was pretty cool. Hulle het saam gesing, wat weird was, want ons leadsinger Raymond ken nie eers al ons lyrics nie!

Nie een van die twee was nerve-wrecking nie. As Oppikoppi en Studio1 ons weer wil terug hê in 2013 sal ek beter oplet daarop en julle laat weet.

 

Gevoel van Veiligheid deur Frank Duvenhage

Gevoel van Veiligheid deur Frank Duvenhage

 

Hoeveel nuwe music videos kan ons nog verwag hierdie jaar?

Ons het in Desember ‘Heilige Oorlog’ geshoot, hy is bietjie anders as as al ons ander songs. Ons het gejoke onder mekaar dat ons 13 videos wil uitbring in 2013, so vir nou is dit die plan, maar ons sal kyk hoe die jaar ons hanteer en daarvoor aim.

Hoe (en hoekom) book mens Gevoel van Veiligheid vir ‘n live gig?

Ons is nie jou average 2 piece acoustic act nie, ons het vir Hugo bygekry om die trekklavier en Kajon (google dit) te speel – so ons is die wêreld se enigste 2 piece band met 3 members!

Dis maklik om ons te book, mail net vir Deon by Deon@Plan-D.co.za.

Wat is Gevoel van Veiligheid se grootste droom?

Om net aan te hou doen wat ons doen. Ons sal love om dit voltyds te kan doen.

Hoe dronk is te dronk voor ‘n live show?

As jy nie jou show kan doen nie: dis die lyn.

Raymond, julle leadsinger, is verloof? Hoe het hy sy mejuffrou gevra?

Hulle sê my niks nie. (Of ekt nie geluister nie.)

Iets van Olifante gaan ry in die Knysna woud, en toe by Mosselbaai opgeklim tot by die lugtoring, toe vra hy haar daar… en apparently het sy ja gesê.  Ek weet nie hoekom die Huisgenoot dit nog nie gecover het nie.

Gevoel van Veiligheid deur Stefan Louw

Gevoel van Veiligheid deur Stefan Louw

 

Watter projekte, dayjobs en dinge hou julle bedags besig?

Raymond werk by M.R.D Shop, hulle doen kar turbos en V8 enjins en stuff, nogals flippen interessant!

Ek handle nou Plan-D Productions, music videos, websites en al daai oulike goed. Ek reël ook ‘n lekker Desember toer, so hou Facebook dop die volgende paar maande vir meer info.

Ek en Raymond speel ook saam 3 ander ouens in ‘n lekker Indie Punk Rock band met die naam Meeting Oscar, so check dit ook uit.

Wanneer kan ons ‘n Gevoel van Veiligheid album verwag?

Ons is tans besig met beplaning en het begin record aan die album, hy’s seker al so 80% klaar. Ons kort nog ‘n song of 2 dan is hy klaar. Seker so ‘n maand of twee.

 

Volg hulle op Twitter

Like hulle op Facebook

Kyk hulle musiekvideos op youtube

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *