Interview: Jack Parow voor Large on the Lawn

Deur Dee Theart (@deetheart)

Afrikaanse kletsrymkoning, Jack Parow, is te sien by Februarie se Large on the Lawn, tesame met Francois van Coke en Bad Peter. Ons het met Jack geklets oor die fees en wat verder in sy opwindende lewe aangaan op die oomblik.


Jack, ons kan nie wag vir jou show by Large on the Lawn nie! Watse planne voer jy in die mou vir die dag?
Lekker vet en full band! So dit gaan ’n high energy jol wees vol pret, plesier en gevaarlike dinge soos Jägermeister en brandewyn, maybe selfs in een glas.

Jy en Francois van Coke ken mekaar goed. Watter eienskap van hom as performer en mens bewonder jy die meeste?
Sy blonde hare en rugged good looks.

Kan ons verwag om een van daai epic collabs van julle twee op die verhoog te sien Sondag?
Yes, ek scheme so, ek gaan ook undercover PAROW BRANDY in sy Coke gooi – moenie hom tjoon nie, so dit sal ook sorg vir interessante tye.

 

Jack Parow

 

Jou eie #karatewater is onlangs vrygestel. Wat maak hierdie produk so spesiaal volgens jou?
Dis die beste en highest quality #karatewater wat jy sal kry. Dis ook nie net nog ’n brannas nie; dit het ballas en gee ’n mens gees. Die bottel is ook die regte shape om te gebruik vir self-defence in die rowwe strate van Suid-Afrika… you know, dis my vibe, always giving back to the people.

Jy is tans op jou Dis Bef*k toer. Hoe loop dinge sover? Enige hoogtepunte?
Alles so ver was ’n hoogtepunt, regtig, dit was MAL, elke show! Van Aandklas Hatfield, tot Potch, tot Jozi tot Kaapstad, Paarl, Stellenbosch… lees net daai name… GEES!! En die mense het uitgesteek, alles so ver was pretty much sold out…EK’S LIEF VIR JULLE!

Watter lekker dinge lê vir jou voor vanjaar?
Nuwe album, nog toere hier en in Europa, ’n paar ander secrets en baie, baie, baie, BAIE brandewyn.

Bring jouself, jou brannas en jou tjomme – Sondag, Golden Harvest Park. Die hekke maak 13:00 oop en die musiek begin 14:00. Lekker!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *