Interview: Klopjag voor Capital Craft

Ons vier nie net bier by Capital Craft nie, maar ook die beste local musiek – en die jaar is Klopjag een van die headliners van die fees! Ons het met hulle opgevang voor die fees en oor band prac, bier en meer geklets:

Klopjag bestaan al serdert 2002 – en alhoewel julle nie nou meer baie saamjam nie, jam julle steeds saam. Hoe baie oortuiging verg dit vir mense soos Capital Craft om julle op ‘n stage te kry?
Dis nie soseer die mate van oortuiging nie, maar meer omdat ons deesdae suinig is met ons tyd. Ons is baie meer selektief oor wat ons doen. Soos ’n mens ouer word besef mens seker maar dat kwalitiet belangriker is as kwantiteit. Die band is dus baie ywerig vir Capital Craft se partytjie, want ons hou van daardie gehalte feesviering. Ons is oppad!

Hoe lank neem ‘n band prac voor ‘n show nou – of oefen julle nie meer saam nie?
Ons run gewoonlik deur die probleemareas vir so uur of wat. As jy jonk is rehearse jy om die songs te kan perform vir ’n crowd, maar belangriker om gemaklik te voel met jouself in ’n song – dan gebeur die res vanself. Weens almal se skedules is dit deesdae moeilik om al ses saam te kry vir ’n rehearsal, maar ons moet tyd maak daarvoor. As ons dit nie doen voel mens altyd half-kaal op stage. In die dae toe ons 150 shows per jaar gedoen het was ons gedurig op vorm. Daai dae is verby… Elbow grease is die antwoord.

Is daar dalk sprake van weer as ‘n band saam dalk nuwe musiek uit te bring?
Ja, maar ons weet nie wanneer nie. Al wat ons weet is dat as dit gaan klaar wees, sal ons fans tevrede wees met die lang wag.

 

 

Dawie was in the Voice en het dit amper tot by die live rounds gemaak. Hoe was dit vir die res van julle om hom daar te sien?
Ons is altyd agter Duifman! Die hele sukses van ons band is nog atyd gesetel in die uiteenlopende aard van ons persoonlikhede en vaardighede. Hy is ’n ongelooflike mens en musikant. Mense kan anders as om van hom te hou nie. Al hierdie mooi goed wat mense van hom sê, weet ons al jare. Nou kan ’n nuwe groep mense dit op ’n nuwe manier ervaar. Hy het ook as solokunstenaar ’n groot toekoms voor hom en nou kan hy magic maak.

Wat kan ons verwag van Klopjag by Capital Craft 2017?
Die grootste kompliment wat ons deesdae kan kry is as mense sê: “Julle is was deel van my jeug se soundtrack!” Ons gaan vir hulle herinner wat dit was om weer so te voel. As hulle nog nooit van ons gehoor het nie gaan ons hulle wys hoe klink vriende in musiek na 15 jaar, en dan gaan ons die krane nóg meer oopdraai.

Wat is van die craft biere waarna julle uitsien, en noem ‘n kunstenaar/s op die line-up wat julle nie gaan misloop nie?
’n Slukkie Fokof, Stimela, Friars Habbit daar is te veel! Sien ook baie uit na Koos, Shortstraw, Bad Peter, Greg G, Pedro Barbosa en Hannes en Mojack en en en… Sien julle daar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *