Ontmoet Jo Black Voor Liefde By Die Dam

Deur Dee Theart (@deetheart)
Ons het met Jo Black gesels voor Liefde By Die Dam die jaar, wat kunstenaars soos Laurika Rauch, Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Tresor, JR en meer gaan insluit die jaar!  Maak seker jy mis dit nie!

 

Jo, dit voel asof jy oornag sukses bereik het, maar ek is seker daar was lang jare se agter-die-skerms werk wat jou gebring het tot waar jy vandag is. Hoe het jou deurbraak gebeur?
Ek vermoed daar is ‘n paar duisend gigs agter die rug voordat als gebeur het. Maar ek glo my draaipunt het gekom toe die regte persoon, op die regte tyd, by die regte optrede ingestap het. Ek sou tien teen een nog in ‘n klein kroeg iewers gespeel het as die nie vir Johan Vorster was nie.

 

Jou musiekvideo vir “Skepe” het al oor ’n miljoen “views” in minder as ‘n jaar – dis werklik merkwaardig vir ‘n SA kunstenaar! Waaraan skryf jy hierdie groot sukses toe?
Ek het geen idee nie. Ek is net so verstom. Maar steeds dankbaar dat die video so goed gedoen het.

 

Hoe sal jy Jo Black se musiek beskryf aan iemand wat dit nog nooit gehoor het nie?
Musiek met hart en siel. Buiten vir die in-jou-gesig kitare en dromme, is dit musiek met mening. Hopelik sal dit jou inspireer en ‘n bietjie laat dink.

 

Ek moet jou uitvra oor jou baard. Hoe lank groei jy al en hoe hou jy hom in toom?
Hierdie is baard nommer 3 in die laaste 5 jaar. Dis n vraag wat ek baie kry. Ek hou nie regtig trek van tyd nie, maar as ek moet skat is dit so jaar en ‘n half se groei. Ek het 2 dogters, so ek steel van hulle detangeling spray.

 

 

Wat is die lekkerste kompliment wat jy al ontvang het van ’n aanhanger?
Dat my musiek sy lewe verander het en nuwe hoop gegee het om die lewe aan te pak.

 

Ons sien uit na jou optrede by Liefde by die Dam – wat kan feesgangers verwag van jou “set”?
Ons het ‘n baie energieke set, met baie stories en grappe tussen in. Maar dis full on rock ‘n roll.

 

Emmarentia Dam is natuurlik ’n ikoniese plek in JHB – hou jy van die buitelewe en pieknieks?
Ek doen. Buitelug optredes is ook my gunsteling. Ek het lanklaas ‘n piekniek gehou so ek sien uit na die een.

 

Wat is een ding wat ons nog nie van Jo Black weet nie – enige verskuilde talente, rituele of gewoontes waarvan jy ons kan vertel? 
Haha daar is nog baie wat mense nie weet nie. Maar sekerlik die grootste liefde na musiek, is gholf. As ek nie op die verhoog is nie, is ek op die gholfbaan.

 

Woon Liefde by Die Dam, Sondag 6 Augustus tussen 10 v.m. & 6 n.m. by Emmarentia Dam. Vir meer info, loer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *