Ontmoet Melt Voor Stellenbosch Craft Beer Fest

Die Comedy Hour by Stellenbosch Craft Beer Festival word deur die komediant, Melt Sieberhagen aangebied, wat veral bekend is as ‘n akteur op die kassie en silwerskerm, maar vir baie is hy maar net die “Ou wat my geld skuld”. Ons het met hom gesels voor die ‘Oktoberfees’ om te hoor wat ons daar kan verwag:

Deesdae stap baie feeste hand-aan-hand met ‘n komedie show ook, hoekom dink jy werk dit so lekker saam?
Ek moet se, ek dink die idee van komedie is net lekker ontspannend, dis dalk bietjie afwisselend van die musiek, dis nogsteeds vermaaklik en dra by tot die feeslikheid van veral iets soos ‘n bierfees wat daaroor gaan oor lekker saam kuier. So dit is ‘n nice byvoeging tot so fees en offer dan ‘n weie verskeidenheid vermaak, en as ‘n komediant is ek baie bly want ek kry die kans om na ‘n lekker bierfees te gaan.

Wat maak Stellenbosch Craft Beer Festival uniek?
Ek kan nie wag om te sien nie! Ek is nou maar twee jaar in die Kaap en ek was nog nooit by die SCBF nie, so ek sien baie uit daarna om te sien hoe dit hier gedoen word.

Wie is een van jou gunsteling Komediante in Suid-Afrika en hoekom?
Dis baie moeilik – daar is so baie! Van Mel Miller, die oorspronklike Godfather of Comedy, tot John Vlismas tot die ouens wat so goed doen op die oomblik, Loyiso Bala, Trevor Noah. Maar ek moet erken dat Dalin Oliver wat van die Kaap af is, is net een van die beste, hardwerkendste, snaakste, familie-vriendelike jong komediante wat daar is. Ek is baie bly ek kon hom kry om saam met ons op te tree. En natuurlik Francois van As wat ook deel is van die Comedy Hour – daar is niks so lekker soos bietjie comedy-musiek nie, daarna sien ek baie uit. So ek sal enige tyd se hulle is ook twee van my gunstelinge, maar ek is altyd ‘n fan van enige iemand wat lekker plaaslike komedie doen.

Watter musiekant/te sien jy uit om live te sien by die fees?
Ek is maar stout vir ‘n stukkie Spoegwolf, so ek sien baie uit daarna om hulle te sien. Maar ook van die bands wat ek nog nie gesien het nie – ek sien uit om te sien watter tipe musiek daar nog gaan wees. Maar ja, kom ons noem my maar ‘n Spoegwolf-groupie. 

 

 

Watter bier gaan jou gunsteling wees?
Ek is so bly ek kan nie die vraag antwoord nie – ek het geen idee nie, so ek gaan moet proe aan soveel as moontlik van hulle! Maar ek belowe ek sal dit eers na die show doen. Wat vir my lekker is van so Craft Beer Festival, is dat ek sien nie net uit na die craft biere nie, maar ook die interessante non-run-of-the milk produkte wat daar gaan wees.

By watter food truck sal ons jou kan vind?
O jitte. Weereens, ek het nie een gunsteling nie, so ek is bevrees ek sal almal moet probeer!

Wie dink jy sal verseker jou show by die fees kom kyk?
Seker maar mense wat nie van beter weet nie! Nee, ek hoop almal kom kyk, want dit is ‘n familie-vriendelike show; daarom is Dalin Oliver spesifiek daar en Francois van As, want komediante kan mos maar skurf raak by tye, maar hierdie is ‘n familie-geleentheid, so ons sal net snaaks wees! As dit ‘n bietjie stout is, sal dit gekamoefleer wees dat die kinders dit nie sal agterkom nie en die ouers lekker in hul moue sal lag.

Aangesien dit ook Octoberfest is – gaan jy ook bietjie opdress?
Ek dress altyd op vir ‘n show, maar in my swart suit. Ek weet nie of ek die Octoberfest tema so mooi gaan doen nie; ek het nie ‘n paar Liederhosen wat pas nie, en ek lyk ook nie so goed in daai blou en wit rokke wat die bierfees meisies met die ponytails en duinende boesems altyd dra nie, so ek gaan maar daar wees in my suit.

 

Kom geniet die dag saam met ons!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *