Wen: Liefde By Die Dam 2017

Na ’n wonderlike viering van Jeugdag in 2016, is LIEFDE BY DIE DAM terug in Augustus 2017 om Suid-Afrikaanse musiek by Johannesburg se asemrowende Emmarentia Dam te vier. Hierdie voldag familie gebeurtenis verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.

Sluit aan by revolusionêre groep Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes. Saam met Die Heuwels op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rock groepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke. Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarenta lê, sal die geliefde stem van Laurika Rauch jou bekoor met haar sang, gevolg deur Afrikaans liefling, Riana Nel. Die SAMA benoemde gehoorgunsteing, Majozi, keer terug met sy aardskuddende elektro indie rock! Daarbenewens sorg die betowerende klanke van Tresor en Suid-Afrika se eie rap-superster, JR, vir ‘n onvergeetlike ensemble. Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook nuweling Jo Black, wie se album wat vroeër vanjaar uitgereik is reeds goue status bereik het, asook kitaar-virtuose Loki Rothman.

Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike reeks van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek.

Datum: 6 Augustus 2016

Tyd: 10VM – 6NM

Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg

Kaartjies R165 Aanlyn / R200 Hek / R600 PLUS / Onder 12: R75

Koop Aanlyn

 

LIEFDE WEN LIEFDADIGHEIDSINISIATIEF

Bywoners is in 2016 aangemoedig om hulle piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies. Die inisiatief was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Hierdie jaar moedig LIEFDE BY DIE DAM weer bywoners aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel.

 

 

 

WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN 

Dis jou kans om een van twee dubbel-kaartjies los te slaan vir Liefde By Die Dam!
Laat weet ons net wie is jou gunsteling kunstenaar die jaar, en ook een van jou gunsteling liedjies van die kunstenaar.  Los jou antwoord hier onder, en ons kies ‘n wenner op 21 Julie 2017.
Wenners sal deur e-pos gekontak word.

 

LIEFDE BY DIE DAM Webtuiste

LIEFDE BY DIE DAM Facebook

7 Comments

  1. Annemie du Plooy

    July 13, 2017 at 11:06 am

    Dit sal definitief Majozi wees met sy liedjie ‘Darling’. Hy is sooo amazing ! Ek sal dit bair geniet om saam met my boyfriend te kan gaan die jaar ♡

  2. Kyle lewis

    July 13, 2017 at 11:08 am

    Francois van Coke is mg ultimate favourite!! Sy liedjie ‘ die wereld is mal’ beteken baie vir my, dit sal amazing wees om hom live te kan sien by Liefde by die dam.

  3. Rosie

    July 13, 2017 at 11:10 am

    Defnitief Laurica Rauch met Stille waters. Het haar nog nooit “live”gesien nie, sal freaking amazing wees…

  4. Melissa Sutherland

    July 13, 2017 at 11:12 am

    RIANA NEL!! Uit al haar amazing liedjies sal ek moet sê “weier” is my gunsteling! Kan nie wag om haar live te sien nie!!

  5. Blair

    July 13, 2017 at 11:14 am

    Jo Black, Skepe

  6. Jacques

    July 13, 2017 at 1:20 pm

    Francois van coke met sy liedjie die wereld is mal , want dis tog beter om soms goed te anvaar soos dit is , of selfs mens inspereur om dit beter te maak , want soos hy se , dit raak beter as jy ouer raak , sal graag die show weer wil bywoon

  7. Samantha Jacobs

    July 17, 2017 at 12:22 pm

    Dit moet defnitief Francois van Coke wees….. Dit raak beter

    Wel enigiets van enigeen van die Kustenaars… Hulle is #TrotsSuidAfrikaans

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *