WEN: Radio Kalahari Orkes Kaartjies

Hulle launch hulle nuutste CD, Mamba,  op Woensdag, 1 Maart by Atterbury Teater in Pretoria, maar almal is genooi!  Ons het bietjie gaan opvang met Radio Kalahari Orkes oor hulle nuwe video en album:

Julle is baie mense in die groep, hoe werk dit om almal bymekaar te kry sodat julle kan oefen en nuwe musiek skryf?
Dit is gewoonlik die maklikste om op toer te doen of net na soundchecks en in breaks. As moet, met baie SMSe kry ons ‘n gemeenskaplike dag.

Ons wag al lank vir nuwe musiek van Radio Kalahari Orkes – hoe lank het dit julle geneem om hierdie album klaar te kry?
Die proses in studio was sowat 12 dae tot 2 weke lank.  Na dit was dit mixing wat nog ‘n jaar gevat het.

Die musiekvideo vir Bobbejaanvlei beeld julle as band baie goed uit – hoe lank het dit julle geneem om te skiet, en wie het aan die konsep gekom?
Dit was Dan Roberts se konsep, en het ons ‘n oggend tot middagete geneem om the skiet.

Wat maak hierdie video spesiaal?
Ek dink die simplisme maak dat die karakters en die natuur van die orkes mooi oorgedra  word.

Wat kan ons verwag van Radio Kalahari Orkes hierdie jaar?
Sefde as elke jaar, skopgat shows!

Waaraan werk almal in die orkes as hulle nie deel is van Radio Kalahari Orkes?
Almal gee klas, veral Barry wat baie goed is daarmee! Ag en almal het  ‘n paar van hulle eie projekte aan die gang, en dan enige iets wat kop bo water hou sodat ons nog instrumente kan koop.

 

Kaartjies vir die CD Bekendstelling is te koop teen R200 by Computicket
Opvoering tyd: 19:30

 

WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN WEN 

Wen een van twee DUBBEL kaartjies vir Mamba se launch by Atterbury Teater, Woensdag 1 Maart!  Al wat jy hier onder moet doen is om die maklike vraag te beantwoord:
Wat is die naam van Radio Kalahari Orkes se nuutste musiek video?
Wenners sal op Facebook aangekondig word, en via email gekontak word
op Maandag, 27 Februarie.

 

2 Comments

  1. Pieter

    February 23, 2017 at 11:10 pm

    Wat is die naam van Radio Kalahari Orkes se nuutste musiek video?
    Mamba

  2. Gerrit

    February 26, 2017 at 4:23 pm

    Wat is die naam van Radio Kalahari Orkes se nuutste musiek video?Bobbejaanvlei

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *