Zeegunst: By Invite Only

Die storie van ‘n legendariese nuwejaarspartytjie. Die kunstenaars is fyn uitgesoek, die gaste nog fyner.

Diep weggesteek tussen die duine van Vleesbaai en Fransmanshoek se natuurreservaat sit die vier Hanekom-broers se private vakansie-eiendom en bewarea, genaamd Zeegunst.

Vir die afgelope 8 jaar speel Zeegunst gasheer vir een van die mees legendariese, geheime nuwejaarspartytjies waar die beste rock- en blues-musikante van Suid-Afrika optree – en jy is nie genooi nie.

Afrikaanse musikant en joernalis Willim Welsyn moes vir 4 jaar by die fees optree om die vertroue van die Hanekom-familie en die betrokke musikante te wen om sodoende ’n unieke, plaaslike musiekdokumentêr te vervaardig wat die kyker toegang gee tot een van die land se besbewaarde musikale geheime.

Die dokumentêr ondersoek die Hanekom-broers se logistieke boublokke en motiewe vir die lekkerste nuwejaarsfees in die land.

Met insiggewende onderhoude en lewendige opnames van legendariese randfiguur-kunstenaars – soos Piet Botha, Akkedis, The Black Cat Bones, Albert Frost, Gerald Clark, Ann Jangle, William Welfare, Southern Gypsey Queen en Dirk Ace van die Voëlvrybeweging – vertel Zeegunst ’n ondergrondse storie van een familie se soeke na die perfekte afsluiting van die oujaar.

William Welfare - ‘Shunt’

William Welfare – ‘Shunt’ is a spaced-out garage rock album layered with intimate small town secrets, dark existential romance and surreal social snapshots that captures William Welfare’s immediate urge to make his first record in English. Get your Shunt vinyl at the launch!

Doccie DVD + VH Music Shop launch + William Welfare Shunt vinyl launch 28 Nov. Ellingtons, Bellville.

Zeegunst By Invite Only Documentary Flyer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *